Die liefdesoutjie (met resep)

Die liefdesoutjie (met resep)
lovers

“Wat is matchmaking in Afrikaans”, vra Hendrina? “Dis daai liefdesoutjie wat met sy pyl skiet”, antwoord Mielies terwyl sy haar pen se agterkant kou. Wetenskap is nie vir haar nie, maar die chemie van die liefde tiekel haar sedert haar niggie Liesbet troukoors het.

Hendrina gesels oor die telefoon met Gouelokkies (Hedrina se lojale vriendin) terwyl Mielies skoolwerk voor haar doen. Met twee tieners in elk se huis en Valentynsdag wat nader kom , is die onderwerp van kalwerliefde onder bespreking. Net voor die lyn skielik verswak (soos dit maar gereeld in die gopse gaan ), wil Hendrina vir Gouelokkies waarsku dat sy nie te veel kan sê nie, want daar sit ‘n hus met baie lang gespitsde ore voor haar, maar dis te laat. “Is julle twee besig om vir die 2 Bere lewensmaats op te sit?”, vra die hus sonder om van haar werk af op te kyk. “Nee”, ontken Hendrina, “Oom Groot Beer sê net dat hy van iemand soos jy as ‘n skoondogter sal hou”. “Ek wil nie eers weet hoeveel aanstaande verloofdes jy al vir my oorweeg nie! Doen alle ouers dit, of is dit net julle twee wat sulke lysies van skoonseuns maak?

“ Nee ek dink dit is ‘n universele verskynsel” antwoord Hendrina met ‘n dromerige uitdrukking op haar gesig.” Pappa doen nie dit nie, doen hy?” Mielies is soos gewoonlik besig om die stelsel te bevraagteken. “Hy doen!”, roep Hendrina uit. “Hy soek seker ‘n preacherman vir my”, lag Mielies. ”Al wat ek weet is dat ek nie met ‘n Italianer moet trou nie”. “Hoekom nie?” vra Hendrina nuuskierig. Mielies het gewoonlik baie eiesoortige idees en sy wonder waarmee haar kind nou mee tevore gaan kom. “Want hulle is te passionate, Hulle temparemente is vuurwarm en hulle humeure sal seker ook vinnig opvlam”, sê Mielies terwyl sy haar neus krinkel . “Wat van so ‘n passievolle omhelsing?”, terg Hendrina. “Gross”, sê Mielies en haar tone krul waar sy pens en pootjie op die bank gaan lê. “Ek kry sommer koue rillings”, gril sy.

“Dit bring ons terug by die daai liefdesoutjie …”, sê Hendrina. “ Wat van hom?”, vra Mielies, “Ek het niks oor hom te se nie! Hy laat my dink aan een van Al Debbo se flieks… waar Slaapvakie en Kupido rolle omruil. Al Debbo word per ongeluk raakgeskiet en in sy verliefdheid sing hy allerande liefdesliedjies, maar slaapvakie se fokus is uit en hy skiet heeltyd die verkeerde meisie raak… of so iets.”

“Maar wat het dit met jou te doen?”, dring Hendrina aan. “Jy en Gouelokkies laat my dink aan slapvakie wat so skeef skiet- tref al die verkeerde ouens. Maar miskien kan jy ‘n transfer doen tussen my en my sussie, want ten minste is die aanstaande skoonsusters mal oor haar”, sê Mielies en kyk met ‘n uittartende bruin-oog na haar ma.

“O hene, ek moet vir jou spelwoorde lees!”, Skrik Hendrina wakker. “Ja”, merk Mielies droog op, hoekom dink jy lê ek hierso”. “Ek het darem vir jou ‘n liedjie vir die occasion-“I need to be in love” from the Carpenters”, sê sy en terwyl sy met die liedjie lostrek, sy gooi haar kop in die lug soos ‘n jong wolf wat in die maanlig na ‘n nooi huil.

Resep vir die liefdesoutjie

Soentjies (Uit Watertand lekkerte, saamgestel deur mev SA Nel , 1989, Promedia Drukkers (Edms.) Bpk, Silverton).

1 Eier

4 Onse (120g) botter

8 Onse (340 g) suiker

½ Koppie melk

500gKoekmeel

1/2t kremetart

1/2tsoda

Los die soda in melk op. Room botter en suiker, voeg eier by en klop goed. Sif kremetart en koekmeel by en voeg beurtelings met melk by bottermengsel. Skep teelepels vol op gesmeerde bakplaat , strooi suiker of neute of rooi of pienk versiersel oor en bak in matige oond 190-200° C tot ligbruin. Plak soentjies aan mekaar met gesmelte sjokolade of wit versiersel.( Lekker om aan te knaag terwyl mens na een van Al Debbo se flieks, waarin die liefdesoutjie altyd ‘n rol het, te kyk).

Related Posts

The perfect mother – Mixed feelings are normal Many mothers long to be the perfect mother who meets all her baby’s needs perfectly.  Is this realistic?  Is it healthy?  This article suggests that a...
“Make white people live in shacks” Dear Ratepayers, Business and Civil Society, Following the failure of MEC of Local Governmenet Mlibo Qoboshiyane in September 2013 to deliver o...
Understanding jealousy – Re-living being replaced Jealousy is a normal emotion experienced by all human beings. Yet we all know that some people experience very high levels of jealousy. Jealousy diffe...
Binge-eating What psychological factors play a role in the development of binge-eating?  What emotional conflicts and effects are dealt with by binge-eating?  If w...
 
Comments

No comments yet.

Leave a Reply