WordPress database error: [Got error 28 from storage engine]
show tables like 'wp_mappress_maps'

WordPress database error: [Table 'wp_mappress_maps' already exists]
CREATE TABLE wp_mappress_maps ( mapid INT NOT NULL AUTO_INCREMENT PRIMARY KEY, obj LONGTEXT) CHARACTER SET utf8;

WordPress database error: [Got error 28 from storage engine]
show tables like 'wp_mappress_posts'

WordPress database error: [Table 'wp_mappress_posts' already exists]
CREATE TABLE wp_mappress_posts ( postid INT, mapid INT, PRIMARY KEY (postid, mapid) ) CHARACTER SET utf8;

Jakkalsies in die wingerd - Port Elizabeth Mandela Bay

Jakkalsies in die wingerd

Jakkalsies in die wingerd
Knormoer

Elke huis het mos sy jakkalsies. In die huis van die Blignauts is een besondere jakkals: Nie ’n rondloperkat wat die duur sitkamerbank merk nie, maar Pa, dier sekuriteitsman op patrollie.

Ma Blignaut slaap snags lig, want kinders word naar met die waai van die wind en vanuit extension 6 klim jongetjies oor die muur om wasgoed, koperpype en motors te steel. Die motor staan juis voor die slaapkamervenster onder die stoeplig. Snags word drie-kwart van die enjin verwyder om te verhoed dat ons karbattery gemeenskasdiens doen. Wanneer Ma Blignaut kiewiete hoor kras en dit vir haar klink asof die kar wiel vir wiel weggedra word, word Pa opgekommandeer vir patrollie.

Sag streel sy oor Pa se stoppelbaard en fluister benoud:” Word gou wakker !” Pa, van al die gedoentes met gemeentelede slaap ’n doodslaap. Nie eers sy bolip tril nie. Ma se senuwees karring en sy tik dringend teen Pa se slape:”Word wakker! Hier’s iets by die kar!” Pa fladder sy ooglede en sy oё dop wit. Hy droom van Minky Van der Westhuizen en haar boesem. Ma hoor hoe word haar Taz weggedra. Sy kners hard op emaljelose tande. Pa strek en sug.

Met mening word Pa teen sy skouer geklobber. Hy beur steun-steun orent, strompel oor sy skoene en steier lewensgroot voor die venster. Nes ’n wasgoedpaal wat nie goed vas gesement is nie. ’n Koeёl kon hom ook al in die oog getref het en lewenslank verblind het. ”Jy’s frieken die vrotse sekruriteitsbeampte in die hele P.E.!”, snou Ma uit die bed. Pa vervies hom, nog steeds toe-oog en val terug in die bed.

Volgende oggend vra Ma met ’n ligte skuldgevoel (iets soos ’n flou kopseer) of hy iets kan onthou van sy nagpatrollie.” Nee…”, gaap hy, “lekker geslaap en lekker wakker geword.” Ma kou haar wangvleise om hom nie weer iets toe te snou en hom self met ’n paar wieldoppe by te kom nie. Sy bedink haarself. Want as Pa na sy nagpatorllie ’n ronde skouer en ’n kanterigheid langs hom voel, vergeet hy van slaap en Minky. Hyself word ‘n jakkals. Maar nie ‘n jakkalsie in die wingerd nie!

’n Nagwagpons vir Ma Blignaut se senuwees (Uit Kook met liefde: Hettie Naude)

1 Bottle rooiwyn (Claret tipe)
1 Wynglas van der Hum
10 Eetlepels Suiker
6 Naeltjies
Gerapserde Neutmuskaat
Brandewyn na smaak
Paar skyfies lemoen
500 ml Kookwater (of na smaak)

Kook wyn, water, suiker, naeltjies en lemoen. Voeg res van bestanddele by en drink op Pa se streke!